Thread: Kaboemielies
View Single Post
Old 07-04-2009, 02:23 PM   #3
bZEUWO4F

Join Date
Oct 2005
Posts
489
Senior Member
Default
As ons ’n vleisbraai reël, kan die spyskaart op verskillende maniere saamgestel
word. Vir baie mense bestaan die spyskaart net uit vleis/wors en pap met slaai.
Ander verkies weer vleis/wors met roosterbroodjies. Daar is ook mense wat saam
met die vleis/wors kaboemielies verkies. Nou waar sou hierdie mielies hulle naam
vandaan kry – kaboemielies?
Dié woord word op verskillende maniere gespel: ghaboemielies, ghoeboemielies,
keboemielies en koeboemielies. Dit is mielies wat gekook word sonder dat dit
gestamp of gebreek word. Die woord bestaan uit twee dele: kaboe + mielies. Kaboe kom uit Xhosa van
iqubu wat beteken ’n “hoop ongewande sorghum”, of van die Zoeloewoord uqubhu – “water waarin
mieliemeel geweek of gekook is”. In Afrikaans is die woord vir die eerste keer in 1884 gebruik deur
Mansvelt wat geskryf het van kaboe- en koeboe-mielies. Vanuit Afrikaans is in Engels in 1902 die vorm
geskryf: kaboe mealie.
Ons merk op, maats, dat die lekker kaboemielies ’n lang tradisie in Afrikaans het. Noudat jy weet wat
die woord regtig beteken, onthou om met julle volgende vleisbraai ’n pot vol kaboemielies vir die gaste
voor te sit. Lekker braai! ... en lekker eet!!
(Bronne: Idiome-Woordeboek, 1988. Groot Tesourus van Afrikaans, 1994. Etimologiewoordeboek van
Afrikaans, 2003. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal, 2003

Hope you can read it.
bZEUWO4F is offline


 

All times are GMT +1. The time now is 05:03 AM.
Copyright ©2000 - 2012, Jelsoft Enterprises Ltd.
Design & Developed by Amodity.com
Copyright© Amodity